Copyright Pentecostal Protestant Church 2011

Thank you for visiting our website. Feel free to send me any suggestions or information.
God Bless.

Boodskap vir 2011

Geliefde kollegas en strydgenote -
Groete in die naam van onse Meester en Koning. Mag die genade van Jesus, die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees u in hierdie tyd, meer as ooit, u deelagtig word.

Ek vertrou dat 2011 vir u op 'n goeie noot begin het en hoop dat die seën van die Here op u werk sal rus. Dat u 'n vrugtevolle jaar sal hê sodat u in elke sfeer van die lewe welbehaaglik voor God en volgens Sy wil sal wandel.

Efesiërs 1:3 - 14
1.3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

Pastor F Muller

Click here for more information!


1:5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,

1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,

1:8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,

1:9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,

1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig--

1:11 in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

1:12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

Aan die hand van die bostaande het ons nie keuse nie! God maan ons om te handel volgens Sy wil en om die werk van die Here volgens die wil van God te doen. My bede  is dat die wil van die Here in ons wandel ons werk en in ons prediking sal geskied to verlossing van Sy eiendom.

Onthou! - in Christus sal ons uitvind wie ons is, wat ons is, en die rede waarom ons hier is.

Die Here seën u ryklik.



Pastoor Francois Muller

aaaaaaaaaaaaiii