Copyright Pentecostal Protestant Church 2011
Thank you for visiting our website. Feel free to send me any suggestions or information.
View all
Boodskap vir 2011
Pastor B Magielies
Click here for more information!
Groete in die dierbare Naam van ons Here Jesus Christus.Baie dankie vir die geleentheid om u te bemoedig vir die jaar wat voor ons lê. Die uitdagings van die tyd waarin ons leef is baie, maar dit is ook die beste tyd waarin die Here Sy almag gaan demonstreer.
Ek baseer my stelling opgrond van die woorde van Kaleb in Josua 14.
VS 7. BEHOU DIE VISIE : Vir 45 jaar het hy die prent (visie) van die berggebied in hom lewendig gehou.Hy het die woorde van Moses in sy hart bewaar toe aan hom gesê was dat God die beloofde land aan sy geslag sal gee. Natuurlik moes hy deur baie ontbeuringe gaan bv. Mense rondom hom het hom probeer mismoedig maak deur te spot met sy droom, sy visie bevraagteken maar Kaleb het geweet wat die Here God hom gewys het. VS 8. HY HET MET OORGAWE DIE HERE GEVOLG.In 'n tyd toe die hele land in vrees vasgevang was oor die slegte nuus wat die ander verkenners oorgedra het,het Kaleb en Josua alleen gestaan .Mense is geneig om eerder te vrees as om te glo of te hoop.Makliker om negatief te wees as om positief te wees.Geliefdes staan in en vir die waarheid al staan u alleen.
DIE GROOT UITDAGING. Kaleb se hart was spesifiek gerig op die berggedeelte(Hebron) van die land. In hierdie bergland het die Enakiete geskuil ,die stede is ommuur en die bospaaie in berge was goed bekend aan die reuse .Die gebied wat Kaleb wil in besit neem is dus baie gevaarlike plek vir hom. Kaleb besef dat baie van die grootste seeninge/deurbrake/oorwinnings is omring met groot hindernisse/struikelblokke. MOENIE TOELAAT DAT NEGATIEWE U VAN OORWINNING BEROOF NIE.
|