Copyright Pentecostal Protestant Church 2011
Thank you for visiting our website. Feel free to send me any suggestions or information.
View all
Boodskap vir 2011
Pastor N Koen
Click here for more information!
Seëngroete in die Wonderbare Naam van ons Here Jesus Christus, ons Verlosser en Komende Koning. Mag genade en vrede vir u vermenigvuldig word in Hom wat die onderhouder is van alle dinge.
Ek vetrou dat ons almal 'n geseënde feesseisoen geniet het en ons verwagting is dat die Here van die oes ons gaan seën met 'n voorspoedige en vrugbare jaar in Sy akker vir 2011. Mag die Here u versterk en aan u guns bewys. Kollegas ek herinner u graag daaraan dat ons tot 'n baie hoë en edel roeping geroep is en dat ons 'n onmisbare taak in hierdie wêreld verrig. Ek wil juis daarom die geleentheid gebruik om my persoonlike en broederlike dank en waardering teenoor u en u families uit te spreek vir die toewyding en passie waarmee u soms onder moeilike omstandighede en soms met min hulpbronne die werk van die Here binne die "PPK familie" verrig. Onthou tog die kosbare belofte in :
Heb 6v10 "….. want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde arbeid wat julle betoon het vir Sy Naam, omdat julle die Heiliges gedien het, en nog dien….."
Mag die Here u seën en voorspoedig maak. Ons mag nooit toelaat dat hierdie opdrag verdwyn in ons vol programme en onder ons oorvol lessenaars nie. Die stem van die Evangelie mag nooit stil raak nie want dit is die asemhaling en lewensbloed van die kerk.
Ons hoef daarom nie te skroom om ruim te belê in die verspreiding van die "Boodskap" nie. Onthou die belofte van die Here Jesus in Matt 28v20
|