Leviticus 6:13
The fire shall ever be burning upon the altar; it shall never go out.

Die PPK sal haar beywer vir die uitbreiding van God se Koninkryk volgens Matt. 28:19 d.m.v. evangelisasIie, sendingwerk, en die bearbeiding van mense van alle rasse, tale en kulture sonder om op grond van laasgenoemde te diskrimineer.
Die PPK sal haar beywer om vanuit 'n suiwer Christelike oogpunt 'n bydrae tot die opvoeding van die gemeenskap te lewer.
Die PPK sal haar ook ten doel stel om deur die prediking van die Woord die evangelie te verkondig en die heilige sakramente te bedien in ooreenstemming met die Woord.
Die PPK sal ook meewerk aan die aarstelling van 'n samehorigheids gevoel en samewerking tussen alle mense in die RSA. Om 'n getuie te wees vir die wêreld en om as diensmaagd/dienskneg op te tree in woord, daad, geloof en liefde.
Om gemeenskaps georienteerd te wees en sodoende die beeld van die kerk uit te brei.
Die PPK sal haar ook beywer om haar oor die landsgrense te vestig.
Die PPK streef om die eenheid van die liggaam van Christus te bevorder.
Die PPK sal aktief wees in die ekumeniese bewegings van haar tyd en met ander Pinkster kerke met soort gelyke geloofsbelydenisse saamwerk tot uitbreiding van die Koninkryk van God, met dien verstande dat sondanige samewerking nie indruis teen die grondwet en die belydenis van die PPK nie.
Die PPK gee erkenning en skep ruimte vir die gawes van die Heilige Gees en die vyfvoudige bedieninge nl.
Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Leraars wat deur God ingestel is
(I Kor 12:27-28) en deur Jesus (Ef 4:11).
DIE SENDING VAN DIE PINKSTER PROTESTANTE KERK
Die Pinkster Protestante Kerk
Glo dat die Bybel die hoogste gesag is volgens II Tim. 3-16:17.
Ons glo en verkondig dat die Bybel, bestaande uit alle boeke van die Ou en Nuwe Testament, die Woord van God is en dat dit op bonatuurlike Goddelike wyse geinspireer deur die Heilige Gees, sonder vlek, gelouter is in morele en geestelike onderig aan die profete en al die skrywers daarvan geopenbaar is.
Ons glo in die Drie-Eenheid van God. Dit is dat God gemanifesteer word in drie Persone, nl God die Vader, God die Seun, en God die Heilige Gees. Hierdie drie is een en opereer interafhanklik van mekaar.
Ons glo in die Godheid van Christus, in Sy maagdelike geboorte. Sy lewe sonder sonde, die wonders wat Hy verrig, in Sy dood en dat Hy op die derde dag opgestaan het en na die Hemel opgevaar het.
Dat Hy aan die regterhand van God sit vanwaar Hy weer sal kom om te oordeel die lewende en die dode.
Ons glo dat deur die bloed van Christus vergifnis vir alle sonde gekom het.
Ons glo dat die mens perfek na die beeld van God geskape is en verwerp alle ander teorië in die verband.
Ons glo dat die mens deur Satan versoek word en in sonde val en dat daar alleenlik redding uit die toestand is deur die bloed van Jesus en deur die belydenis en vergifnis van sonde.
Ons glo aan die alleenware God wat Homself as die ewige selfbestaande, selfopenbarende "EK IS" openbaar en verder ook as as die verpersoonliking van die beginsels van verwantskap en deelgenootskap; dit is as Vader, Seun en Heilige Gees. Deut. 6:2, Markus 12:29; Jesaja 43:10; Matt. 28:19.
Ons glo dat die Heilige Gees die derde persoon in die Godheid is en dat Hy deur die Bybel van ouds af, altyd deur teenwoordig was.
Ons glo dat die Heilige Gees op die dag van Pinkster, soos belowe, op gelowiges uitgestort is en dat Hy Manifesteer in elke Geesvervulde lewe.
Ons glo dat die vrug van die Gees daagliks in die lewens van Heilige Gees vervulde gelowiges gedemonstreer moet word.
Ons glo in die opstanding van die dode van beide die gereddes en die verlorenes. Hulle wie gered is tot die ewige lewe en wie in sonde gesterf het, tot die ewige verderf en hel.
Ons glo dat dit God se plan is dat alle mense tot bekering en tot die waarheid aangaande God moet kom en dat die missie omvat is in die evangelisering van alle volke en tale en dat bekeerlinge deur onderdompeling gedoop moet word in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Om dissipels van alle nasies te maak en deur die leer van God se woord, hetsy in geboue, tente, op straat of op opelugdienste om sodoende die doel te bereik.
Ons glo dat die opsetlike geestelike groepering van gelowiges op grond van kleur, ras of kultuur teenstrydig met die Woord van God is aangesien die mens voor God gelyk is. Die PPK sal nie teen geslag diskrimineer nie, maar sal die Goddelike gesag volgens die Woord van die Here handhaaf.
Ons glo dat alle mense die reg tot lewe het en verwerp aborsie op aanvaag.
Ons glo dat die praktisering van lesbianisme en homoseksualiteit sonde is en dat die toestande deur Goddelike genade en geestelike berading genees kan word.

GELOOFS BELYDENIS

Copyright Pentecostal Protestant Church 2011

Thank you for visiting our website. Feel free to send me any suggestions or information.
God Bless.

NATIONAL EXECUTIVE COMMITTEE
Standing FLTR: - Additional members - Pastor G Botha; Pastor Williams;  Pastor B Penniken; Pastor N Koen
Sitting FLTR: Pastor B Magielies (Secretary); Pastor J Conradie (Vice Chairperson);  Pastor D Colbet( President of the Pentecostal Protestant Church); Pastor F Muller (Treasurer)

From the Pastors Desks

DIE PINKSTER PROTESTANTE KERK
Die kerk sal haar laat lei deur die Heilige Woord soos geopenbaar deur die Heilige  Gees.
Ons onderneem om ons aan die souwereiniteit en gesag van God te onderwerp en ten alle tye aan Hom gehoorsaam te wees.
For unto us a child is born, unto us a son is given: and the government shall be upon his shoulder: and his name shall be called
Wonderful,
Counsellor,
The mighty God,
The everlasting Father,
The Prince of Peace.
Isaiah 9:6

Year Program for 2012 will be added as soon as it becomes available.

God Bless.

aaaaaaaaaaaaiii